1 kronieke 4 vers 10
Is ‘n welbekende skif, wat skielik ondek was en nou weer stil is, so is God se Woord vol geheimenisse. Dinge wat ons lewe eenklaps kan verander.
Ons moet soek, soos die man wat die skat in die land gesien het en toe die grond gaan koop het, om die skat te bekom. Die bybel sê dat hy die skat weggesteek het alles gaan verkoop wat hy gehad het om die land met die skat te kan koop. So is die word van die Here. Die bybel sê in Matt 13 vers 35 I will utter things which have been kept secret from the foundation of the world."
Kronieke gaan oor die nakomelinge van Juda en tussen die verse , skuil, kan ‘n mens amper sê 2 verse, verse 9 en 10, wat ‘n mens laat stil staan.
Wat ‘n mense laat kennis neem of soos ons sê note vat.
Tussen die iewat vervelige name en nog name is die twee verse opgesluit wat ‘n mens wat soek na vastigheid na vesekering, laat stil staan.
Jesus kom uit die stam van Juda, gin wonder dat Jabes skielik na vore spring hier nie.
Die bybel leer ons dat Jabes in ‘n hopelose situasie was- maar God spesialiseer in hopelose situasies, Hy is ons hoop! En hier manifesteer die krag van God.
Die bybel sê Jabes was meer geëerd as sy broers 1Ch 4:9 En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.
1Ch 4:10 En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.
ja, sommige moeders kan soms name gee, aan hulle kinders soos patience en honesty en innocent, maar die moeder gee aan haar seun die naam van Jabes, want sê sy ek het hom met smart gebaar.
Ons behoort aan die Here en dit maak nie saak watter las
ons dra nie, wat ons dink dit is ons sin nie. Ons mag nie omstandighede toe eien vir ons nie.
Moenie sê "My ouers het swaar gekry nie, daarom sal ek swaar kry nie"
"My familie is maar gering en ons kom uit die geringstes nie." Nee! "My pa was humeurig nou en my ma moes hardloop, dis waarom my vrou moet hardloop as ek aan kom nie."
Omdat jy in smart gebaar was beteken nie dat jy die las van smart vir die res van jou lewe moet dra nie. Gooi af die kleed van gebondenheid aan wat ook al jou vas hou.
Die Here wil jou oplig, He lifted me up from the deep mirry clay.
Jabes was meer geerd. Dit was nie altyd so nie, sy naam beteken iets en die geskiedenis se dat hy by sy geboorte nie vir eer gekwalifiseer het nie. Sy lewe was teespoed en smart. Hoe is jou lewe nou--? Sy ma het ander seuns gehad, Sy geboorte was katasrofies.
Moeders kan soms wreed wees, familie kan soms wreed wees, Hulle verger die situasie en plaas ‘n vloek op Jabes, Jabes was die swart skaap. Jabes was veroordeel omdat hy in smart gebaar was. En sy moeder het hom, wat in onskuld gebore was verantwoordelik daarvoor gehou en hy moes die naam dra.
Baie keer dan sê hulle , die een was so, daarom kan jy nie beter verwag nie, sulke mense moet maar ver van my af bly. Ons gebruik soms ons mond om mense te bind aan die verlede en wat in die verlede gebeur het. Sommige mense kan maar net die die wit laken raak sien nie, hulle soek vir die swart kolletjie.
Die liefde bedek alles, dit wat uit die mond uitkom maak die mens onrein. Moenie dat die vervloeking en bitterheid wat Romeine 3 vers 14 van praat oor ander mense uitgespreek word en hulle bind in smarte, vir die res van hul lewe nie.
Jakobus 3 vers 10 sê uit dieselfde mond kom seen en vervloeking en dit moet nie so wees nie.
Jabes se ma se mond het sy smart vererger. Sy het ‘n vloek op hom geplaas, ‘n straf, ‘n veroordeling. Sy hou hom verantwoordelik, vir die smart by sy geboorte.
Hy was nie gebreklik nie, tog was hy verantwoordelik vir die smartvolle geboorte. Sy naam het aan hom gehang soos ‘n kleed
Almal het hom geken as die seun of die man van smarte wat niks sou word nie. Dis mos wat ons sê. Hy gaan maar niks word nie.
Sy naam het hom die slagoffer gemaak van vernedering en verwerping.
Ontdekking
Jabes het ‘n God geken wat genadig is, wat spesialiseer in naamsverandering, Abram het Abraham geword. “n God wat ons hoop is, Hy sien vir Isak, toe daar geen hoop was vir hom om kinders te hê nie.
Jabes het van Jakob gehoor, wat gestoei het met God en toe hy sy deurbraak kry is sy naam verander vanaf Jakob na Israel.
As hulle hul saak na God kon vat dan kan Ek, Jabes dit ook mos doen. En as Jabes dit kan doen, dan kan ek en u dit ook mos does ons kan dit doen. Ons is tot alles in staat deur Christus wat vir ons die krag gee, dit weet ons so, laat ons daarop reageer en God aanroep om ons omstandighede te verander.
Jabes het sy saak na God gevat. Hy het besluit dat sy naam hom nie langer gaan beperk nie.
Hy vat sy onguns na God sodat net goedheid en guns hom kan volg, al die dae van sy lewe.
Hy vat sy smart na God , sodat “ the joy of the Lord” sy sterke van wees
Jabes het besef dat hy ‘n deurbraak nodig het, hy wou ontslae word van die stigma wat sy naam gebring het.
Hy besef ook om die vloek te breek het hy ‘n buitengewone aanraking nodig. Aanraking met God.
Jabes het gebid, God aangeroep
As U my ryklik seen, hy het God se gegewe voorspoed gesoek en nie die smaad van sy ma nie.
Vermeerder my grondgebied, hy het geweet God is ‘n vermeerder, ‘n bonatuurlike vermeerder.
En u han met my sal wees. Hy soek die salwing van die Here op sy lewe
En U die onheil afweer, hy soek beskerm teen die duiwel
Dat geen smart my tref nie, hy het geweet dat “the joy of te lord is my strength”
Laat ons vanmore verklaar dat
Ek verklaar dat geen wapen wat teen my gesmee, sal niks uitrig nie.
Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom, al se die mense ook jou familie se siekte is suiker, hoë bloed, hartsieketes
Jabes was ‘n man wat gebid het, ons moet God se wil soek vir ons lewe en erenstig bid vurig bid.
Amen (uit my Preke op Alexandria Sondag, 10 Augustus 2008)
Wednesday, July 14, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment