Wednesday, July 14, 2010

Speak the Word! It works!

Speak His Word. Speek die Woord!
1Koning 17 vers 1

(AOV) En Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!

(MKJV) And Elijah the Tishbite, of the sojourners of Gilead, said to Ahab, As Jehovah, the God of Israel lives, before whom I stand, there shall not be dew nor rain these years, except according to my word.


Bid

Die Woord in jou lewe! In jou mond leef die woord!
Elia sê—hy spreek ‘n woord. Hy sê daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees, nie behalwe op my woord! (Op wie se woord! Jn 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee)

Waneer jy die woord van God joune maak en dit spreek is daar aksie, Die Hand en die Hart van God word beweeg.
God sê gaan steek jou weg, by die spruit, sodat jy kan water hê--- Hoekom, want God het gereed gemaak vir die woord wat Elia, gespreek het.

Nou vra ek u, nou vra ek julle “As jy negatiewe dinge kwyt raak wie se hart en hand wil jy roer en dat aksie teen jou laat kom. Die leun wat die vyand wil he ons moet glo is amper dat die negatiewe dinge wat ons uitspreek kom meer waar , as die positiewe, maar dit is omdat ons so min die woord toepas en spreek. Die skrif naamlik die woord is vir ons gegee en is nuttig!
Jy sien jou kind iets optel van die grond en in sy mond sit, Jy weet nie eers dat dit meskien ‚n lekker is nie, more kom jy by die dokter en dan se die dokter jou kind het ‚n tekort aan dit en dat eet sy nie meskien grond nie, dan se jy haai ja dokter, en die kind hoor dit en die kind begin sommer rerig grond te eet. Dan sy jy sjoe daai dokter ken sy storie Mense! Dis maar net n bewys van die krag in jou woord.
Daar is krag in jou woord! Gebruik dit om die woord van God oor jou te profeteer.
Die Here het vir Ezekiel gesê profeteer jy oor die bene en se so en so en toe Ezekile begin profeteer het die dorre bene nuwe lewe ontvang!
Eze 37:4 Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE!
Eze 37:5 So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.
Eze 37:6 En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en ‘n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Begin sy woord te spreek en sien die beroering wat aan die komme is.
Dit het tyd geword om die woord van God aan te gryp, met geweld aan te gryp.
Mat 11 vers 12 Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.

Want die woord van God sal altyd bly staan! Die woord van God is lewend, die woord van God moet in jou mond wees. As jy die woord hoor hoor jy Jesus, hoor jy jou God almagtig want Hy is die Woord en die woord is God
Elia
Net ingeval Elia sou skrik en bang as hy self die nagevolge van geen dou en geen reën, sou voel. Sê God Steek jou weg by die spruit- jy moet daaruit drink en ek het die kraaie bevel gegee om jou daar te onderhou. Dit spreek van heerskappy, Dominion Elia neem heerskappy oor reën en dou en God neem heerskappy oor die voels van die lug.
Die woord werk! Sê die woord werk!
Aan die begin sê God laat daar lig wees, en die bybel sê, dat daar lig was. Laat daar in uitspansel wees tussen die waters en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.

God se woord werk en Sy woord in jou mond bring vir jou lewe, en God eer sy woord. He honour His word.
Waneer ons gaan besef dat die woord lewe, sal ons begin besef wie ons is, gees vervulde gelowiges, wie deur Jesus Christus moet heers.
He gave us dominion on the earth. Ons moet wakker skrik Vukani!

Sy woord se ons is die kop en nie die stert nie. Die Here sal jou die kop maak en nie die stert nie. Jy sal boontoe gaan Julle almal is erfgename van God se Seën, nie die sondaars nie! Nie hulle wat in sonde lewe nie.
Julle is die lig van die wereld, jy moet raakgesien word, die woord werk, n stad op ‚n berg kan nie mis gekyk word nie. Jy kan maar agter die skape kyk as God roep word jy raak gesien!
We are heirs of the Father- we are joint-heirs with the son- we are family we are one.
Let the redeemed of the Lord say so! Amen
Elia het die woord gespreek . Ons moet die woord spreek. Do not curse but bless, bless your enemies. Bless those that persecute you! Dit is waneer ons God se woord en nie ons eie moet spreek nie.
Moenie dat jou omstandighede jou stil maak nie, Speak to your circumstances and take devine authority. Your are the head it is heads and not tails!
Moenie dat siektes en probleme tot jou spreek nie.

Waneer omstandighede vir jou sê dis klaarpraat, jou kinders wil nie eers die Here dien nie, jy is in die skuld, jy gaan ook kanker kry, loop sluk solank die pypie, jy gaan nie lank lewe nie. Jy sal altyd moet dien jy kan nie die kop wees nie. As omstandighede vir jou vra waar is jou God- Hy antwoord jou nie. Die aarde is biljoene jare oud waar is jou God?

Wag wag wag net ‘n bietjie.
Klaaglieder 3 vers 37 sê“ who is he who speaks (speak against or challenge) and it occurs, when the Lord has not commanded it?
Staan op. Skrik wakker, Vukani Ask the problem! That thinks it owns you!
Staan voor die Here met daai verslag , met daai brief wat dit ook al mag wees al se iemand jy is getoor,

Staan voor die Here en vra God, don’t speak to guardian angels and whatever – want jy het vrye toegang tot die troon van God, tot sy Boardroom” Father who is he who speaks, against your word, and it come to pass, when you my God has not commanded it

God se woord sê, jy sal die kop wees jy gaan boontoe. Ek is die God wat jou genees , “Whose report will you believe” Jy sal wees soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome. Spreek die woord van God, kry dit in jou mond en in jou hart.

Let is rise up from your ankles to your knees, to your hips let it cover you. Get covered by the Word of God.

Wat staan in jou pad, van volkome heerskappy oor jou finansies, gesondheid enige moontlike aanval van die vyand. Sy Woord sê „Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die Here, wat Hy vandag vir julle sal bewerk. Staan vas, jou heupe omgord met die waarheid. Jy sal nooit weer siektes oor jou sien nie, Die Woord se dan dat daar deur Sy wonde vir jou genesing gekom het. Staan vas jy sal nie teen ‚n berg van skuld vaskyk nie. Staan vas jy sal nie van die spesialist na daardie spesialist gaan nie.

Staan vas want ek is die God wat jou genees
Staan vas net goedheis en guns sal jou volg.
Staan vas in diens van die Here, Sondae in die erediens en Woensdae en Dinsdae in die biduur. Staan vas en aanskou die redding wat die Here vandag vir jou bewerk.
Is ek nie meskien gecurse omdat ek die leiers is nie, Is julle nie gecurse omdat julle saam die Here dien nie. Is dit iets wat my pa se pa oor ons laat kom het? “Whose report will you believe?

Gemeente, word kragtig in die Here, gryp sy soom aan, moenie genoeg kry van sy woord nie. Hy het gesê „laat daar lig wees en daar was lig?
Die gesegde werk lig op die saak kom van God wat gesê Laat daar lig wees!
Spreek lig in jou situasie in. Moenie sê die toekoms lyk donker nie. Let there be light!
En God het gesê: Laat daar ‘n uitspansel wees hy het dinge in bestaan in gespreek. Moennie se Ek voel so siek en gaan dit maar nie maak nie
En God het gesê: Laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel, sodat die droë grond sigbaar word. En dit was so. God het gese en dit was so daar was reaksie. En toe sien God dat dit goed was. Wil u iets goed sien, spreek die woord.
Laat daar genesing wees, laat daar oorvloed wees, laat daar groei wees, laat daar genesing wees.
Wie is die duiwel wat jou so ry. Hy is soos n brullende leeu, en hy soek vir wie hy kan bevark! Ja ,
Eendag se die bybel gaan ons hom sien, dan sê die woord“Die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê: Is dit die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het?


Is dit die vark in die verhaal? Speak the Word Spreek die woord, Sy woord is kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ;n beoordeelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Luister suster luister broeder“ Whose report will you believe? As die mense sê jy sal arm sterwe, spreek die skerp en kragtige woord”moenie hulle vervloek nie” en sê Sy woord se ek is ryk en Hy maak my ryk in sy slaap!

Het iemand nie gespreek en gesê „Examine yourselves“ nie? Nou ondersoek Sy woord en spreek tot jou situasie. Speak the word. Speak Gods word Ondersoek jouself se die woord. Stel jouself op die proef, is julle nie sekere dat julle in Jesus Christus is nie 2 Kol 13:vers 5
Sy woord is “quick and powerfull” en “sharp” en “living” Dit dring deur waar jou dokter nie kan sien nie. Dit bring genesing vir jou en vir my.

2Co 10:4 (ForG1063 theG3588 weaponsG3696 of ourG2257 warfareG4752 are notG3756 carnal,G4559 butG235 mightyG1415 through GodG2316 toG4314 the pulling downG2506 of strong holds;)G3794

Father put you word in our mouths so that we might speak and pull down every stronghold agains us, in Jesus name.
Every stronghold againts us is coming down!
Amen

Elia wat maak jy hierso!

Oktober 2008
Kom ons staan vanmore, en laat ons verklaar:

Ek is ryk, ek is gesond, en my beste lewe lê begin nou.
Ek het geen tekort nie.
Ek is die kop en nie die stert nie.
Ek gaan op en nie af nie.

Kom ons sê nou:
So sê die Here van die Leerskare Ek is gesond, en my beste lewe van oorvloed van goedheid en guns lê voor.
Ek sal niks kort kom nie. Ja niks ontbreek nie.
Ek sal die kop wees en nie die stert nie.
Ek gaan op en nie af nie..

Kom ons Lees Konings 19 verse 1-4

Gaan u deur ‘n dal van doodskaduwee, voel jy verontrief , seergemaak, dra jy ‘n masker om die seer weg te steek? Sit jy vanmore onder ‘n besembos. Die woord van die Here is die waarheid, en Sy Gees sal ons leer en lei. Die regerende party sê, dat hulle daag die verontriefdes uit om weg te breek en hulle eie party te stig. Want dit sal nie werk nie.Op baie dorpe en plekke is daar ‘n klomp verontriefde gelowiges, wat ten midde van baie kerke hulle eie kerke gaan stig het, en vandag met daardie gees van rebellie sit. Want wat jy saai, sal jy maai.
Daar is Die Dieper Lig, die Volle Evangelie, Die Christen Gemeente, die AGS waar hulle kon heen hardloop toe hulle onder hulle besem bos was, maar baie het hulle eie kerke gestig en sit vandag in skool sale, hulle bedieninge voort.

True satisfaction is something that only God can give us. He make the desert to bloom. Nog beter He will make your desert to bloom Moenie weg hardloop vir onse problem nie, die problem gaan saam in die kysie klim as jy wegtrek om juis weg te kom daar van.
Daar is nie ‘n dieper lig of ‘n voller evangelie as die woord van die Here Jesus nie, Hy het gekom sodat ons lewe kan hê in all oorvloed. Bly in Jerusalam. As jy getrek het, kom terug huis toe na die volk wat nie ‘n volk was nie, maar nou die volk van die Here is.

Broers susters as jy vanoggend voel of jonder jou besembos lê, moenie moed verloor nie. Moenie jou rug op God draai nie, as jou son op sy warmste skyn nie. Vertrou op die Heer, vertrou op sy genade.
Ek het my probleem, julle almal het sy eie problem, en dit lyk soms vir my asof julle nie besef van watter problem daar op my weg is nie. Dit lyk vir my julle bid nie vir my nie. Dit lyk vir my ek staan alleen.
U het u problem, ons almal het sy eie problem, en dit lyk soms vir jou asof ons nie besef van watter problem daar op jou weg is nie. Dit lyk vir jou niemand bid nie vir jou nie. Dit lyk vir my ek staan alleen.
Dis twee gedagtes, sou kan die vyand gedagtes van onmin in ons saai, gedagtes van vrees, gedagtes van ek sttan alleen, niemand verstaan nie, almal is teen my, hulle lag vir my.
Besef vanmore dat ons, ons binnekamer kan sluit en bid! Tot ons hemelse Vader, wat ons in ons binnekamer kan antwoord en sal antwoord.

Hoe baie problem het u. Hoe baie problem dink ons het ons. Elia het ‘n woord gespreek en gesê, dat daar “daar sal geen dou of reen in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord” En dit was so, vir drie jaar het dit nie gereë nie en daarvoor was sy lewe in gevaar, want Agab wou hom dood saam met Isebel, Elia was op ‘n hoogtepunt in sy bestaan, en hy vra vanmore vir ons; “Hoe lank hink julle op twee gedagtes?”

Hoe moeilik lyk ons se saak Elia was een man teen 450 Baal se profete en toe het sy God deur vuur uit die hemel, terwyl sy vyande toekyk sy offer aan die brand gesteek. Daar is dood en lewe in ons tong, Speak to your mountain.

Elia het toe, God antwoord en sy offer aan die brand steek uit die hemel, ‘n altaar wat uit twaalf klippe gebou was met ‘n sloot rondom en die hout op die altaar met die bul in twee stukke en kruike vol water uitgegooi oor die altaar dat die water in die sloot ingeloop het, die baalse profete geneem en hulle by die spruit gaan dood . Hy was on a roll op ‘n hoogte punt.


Een vrou stuur vir Elia ‘n boodskap ek sal net so met jou maak. Een vrou jaag hom op hol, een boodskap draai deur sy kop, en hy vlug die woestyn in, hy het ‘n hele dag geloop en gaan sit onder ‘n besembos .Elia het gewens dat hy sou sterwe. Hy sê “ Dit is genoeg, neem nou my siel weg, Here, want ek is nie beter as my vaders nie.
Sit u onder u besembos, Elia was depres mense, dit is die naam van die problem. Ek het die week so gevoel soos Elia. Jy doen jouself skade aan. Gee jou problem vir die Here en bly op jou kniee voor Hom, Bly in Sy heilige teen woordigheid.

Moennie eers dink om weer terug tekeer na die sonde toe nie. Elia wat maak jy staan op en eet want die pad is lank!

Jabes

1 kronieke 4 vers 10

Is ‘n welbekende skif, wat skielik ondek was en nou weer stil is, so is God se Woord vol geheimenisse. Dinge wat ons lewe eenklaps kan verander.
Ons moet soek, soos die man wat die skat in die land gesien het en toe die grond gaan koop het, om die skat te bekom. Die bybel sê dat hy die skat weggesteek het alles gaan verkoop wat hy gehad het om die land met die skat te kan koop. So is die word van die Here. Die bybel sê in Matt 13 vers 35 I will utter things which have been kept secret from the foundation of the world."

Kronieke gaan oor die nakomelinge van Juda en tussen die verse , skuil, kan ‘n mens amper sê 2 verse, verse 9 en 10, wat ‘n mens laat stil staan.
Wat ‘n mense laat kennis neem of soos ons sê note vat.

Tussen die iewat vervelige name en nog name is die twee verse opgesluit wat ‘n mens wat soek na vastigheid na vesekering, laat stil staan.

Jesus kom uit die stam van Juda, gin wonder dat Jabes skielik na vore spring hier nie.

Die bybel leer ons dat Jabes in ‘n hopelose situasie was- maar God spesialiseer in hopelose situasies, Hy is ons hoop! En hier manifesteer die krag van God.

Die bybel sê Jabes was meer geëerd as sy broers 1Ch 4:9 En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.
1Ch 4:10 En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: As U my ryklik seën en my grondgebied vermeerder en u hand met my sal wees en U die onheil afweer, sodat my geen smart tref nie! En God het laat kom wat hy begeer het.

ja, sommige moeders kan soms name gee, aan hulle kinders soos patience en honesty en innocent, maar die moeder gee aan haar seun die naam van Jabes, want sê sy ek het hom met smart gebaar.

Ons behoort aan die Here en dit maak nie saak watter las
ons dra nie, wat ons dink dit is ons sin nie. Ons mag nie omstandighede toe eien vir ons nie.

Moenie sê "My ouers het swaar gekry nie, daarom sal ek swaar kry nie"
"My familie is maar gering en ons kom uit die geringstes nie." Nee! "My pa was humeurig nou en my ma moes hardloop, dis waarom my vrou moet hardloop as ek aan kom nie."

Omdat jy in smart gebaar was beteken nie dat jy die las van smart vir die res van jou lewe moet dra nie. Gooi af die kleed van gebondenheid aan wat ook al jou vas hou.

Die Here wil jou oplig, He lifted me up from the deep mirry clay.

Jabes was meer geerd. Dit was nie altyd so nie, sy naam beteken iets en die geskiedenis se dat hy by sy geboorte nie vir eer gekwalifiseer het nie. Sy lewe was teespoed en smart. Hoe is jou lewe nou--? Sy ma het ander seuns gehad, Sy geboorte was katasrofies.

Moeders kan soms wreed wees, familie kan soms wreed wees, Hulle verger die situasie en plaas ‘n vloek op Jabes, Jabes was die swart skaap. Jabes was veroordeel omdat hy in smart gebaar was. En sy moeder het hom, wat in onskuld gebore was verantwoordelik daarvoor gehou en hy moes die naam dra.

Baie keer dan sê hulle , die een was so, daarom kan jy nie beter verwag nie, sulke mense moet maar ver van my af bly. Ons gebruik soms ons mond om mense te bind aan die verlede en wat in die verlede gebeur het. Sommige mense kan maar net die die wit laken raak sien nie, hulle soek vir die swart kolletjie.

Die liefde bedek alles, dit wat uit die mond uitkom maak die mens onrein. Moenie dat die vervloeking en bitterheid wat Romeine 3 vers 14 van praat oor ander mense uitgespreek word en hulle bind in smarte, vir die res van hul lewe nie.
Jakobus 3 vers 10 sê uit dieselfde mond kom seen en vervloeking en dit moet nie so wees nie.


Jabes se ma se mond het sy smart vererger. Sy het ‘n vloek op hom geplaas, ‘n straf, ‘n veroordeling. Sy hou hom verantwoordelik, vir die smart by sy geboorte.

Hy was nie gebreklik nie, tog was hy verantwoordelik vir die smartvolle geboorte. Sy naam het aan hom gehang soos ‘n kleed

Almal het hom geken as die seun of die man van smarte wat niks sou word nie. Dis mos wat ons sê. Hy gaan maar niks word nie.
Sy naam het hom die slagoffer gemaak van vernedering en verwerping.




Ontdekking

Jabes het ‘n God geken wat genadig is, wat spesialiseer in naamsverandering, Abram het Abraham geword. “n God wat ons hoop is, Hy sien vir Isak, toe daar geen hoop was vir hom om kinders te hê nie.
Jabes het van Jakob gehoor, wat gestoei het met God en toe hy sy deurbraak kry is sy naam verander vanaf Jakob na Israel.

As hulle hul saak na God kon vat dan kan Ek, Jabes dit ook mos doen. En as Jabes dit kan doen, dan kan ek en u dit ook mos does ons kan dit doen. Ons is tot alles in staat deur Christus wat vir ons die krag gee, dit weet ons so, laat ons daarop reageer en God aanroep om ons omstandighede te verander.

Jabes het sy saak na God gevat. Hy het besluit dat sy naam hom nie langer gaan beperk nie.

Hy vat sy onguns na God sodat net goedheid en guns hom kan volg, al die dae van sy lewe.
Hy vat sy smart na God , sodat “ the joy of the Lord” sy sterke van wees

Jabes het besef dat hy ‘n deurbraak nodig het, hy wou ontslae word van die stigma wat sy naam gebring het.

Hy besef ook om die vloek te breek het hy ‘n buitengewone aanraking nodig. Aanraking met God.

Jabes het gebid, God aangeroep

As U my ryklik seen, hy het God se gegewe voorspoed gesoek en nie die smaad van sy ma nie.

Vermeerder my grondgebied, hy het geweet God is ‘n vermeerder, ‘n bonatuurlike vermeerder.

En u han met my sal wees. Hy soek die salwing van die Here op sy lewe

En U die onheil afweer, hy soek beskerm teen die duiwel

Dat geen smart my tref nie, hy het geweet dat “the joy of te lord is my strength”





Laat ons vanmore verklaar dat

Ek verklaar dat geen wapen wat teen my gesmee, sal niks uitrig nie.

Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom, al se die mense ook jou familie se siekte is suiker, hoë bloed, hartsieketes

Jabes was ‘n man wat gebid het, ons moet God se wil soek vir ons lewe en erenstig bid vurig bid.
Amen (uit my Preke op Alexandria Sondag, 10 Augustus 2008)