Wednesday, May 5, 2010

Is Dit in Die gene?

Is dit in die Gene? 2009/11/19
Wat is gene?
"Although each cell contains a full complement of DNA, cells use genes selectively. Other genes, however, are inactive most of the time. Some genes play a role in early development of the embryo and are then shut down forever.
Genes, through the proteins they encode, determine all body processes, including how the body responds to challenges from the environment. A normal cell activates just the genes it needs at the moment and actively suppresses the rest"
Meer...
"A gene is the basic unit of heredity in a living organism. All living things depend on genes. Genes hold the information to build and maintain their cells and pass genetic traits to offspring"

Dit is nie in die jou gene nie of in jou gene wat hulle se, ons het van ons ouers en voorouers ge-erf nie, maar in die gene, die DNA van God.
Sommige ouers sê soms aan hulle kinder suit woede uit, “julle is sommer low class” en julle sal tronk in en tronk uit”

Pasop daaris krag in die tong. Dit is soos ‘n klein vuurtjie, wat die wereld aan die brand steek. Pasop wat oor ons se lippe kom!

Hy het ons op die naam geroep. Wat is die mens dat u aan hom dink, of die mense kind dat U hom besoek. Hy het ons op die naam geroep! Jesaja 43 vers 1. Dit is so lekker as iemand jou op jou naam roep.
My vrou se my naam so mooi. Of is my naam mooi?

God roep jou op jou naam, luister na sy stem, luister na sy stem. Samuel was jonk en oneervare, toe God hom vir die hoeveelste maal roep. Het hy nie die stem van die Here nie herken nie. Ons moet ingestel wees op die stem van die Here, sodat as daar nie ‘n Elie is om te se , dis God wat praat nie, dat ons die stem hoor , when deep call unto deep.
Sy gene is in jou, jy is gemaak na Sy gelykenis, na Sy beeld.

Hulle kan maar se jou oupa was so. So sê die Here, Ek het jou verlos!, Somminge mense noem hulle gelowiges, maar hulle glo nie, Hulle neem aan en aanvaar dat alles nie meer moontlik is nie.
Ek het nog nooit vir my vrou gese in my familie is daar een met die gebrek of daai gebrek nie, so ons moet oppas nie. Of ek moet omstandighede verander nie. Nee. Nee se Nee.. So se die Here Jou skepper en jou formeerder, wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos, Ek het jou op jou naam geroep, Jy is myne My uitverkorene . Ek het jou by jou naam geroep Ek het jou ‘n ere naam gegee, hoewel jy my nie geken het nie..

Die word is vir ons ingegee, Die woord werk, Jou karakter is vasgestel deur die gene van God. Sy gelykenis is die bloudruk van jou wese, van jou hele bestaan. So staan daar geskrywe. Kom ons lees die woord en hoor hoe God jou op jou naam roep!

Soms gesels jy met iemand en dan word daar gees oor gedra! Daar word soms ‘n gees van veslaendheid oor gedra. As jy klaar met daardie persoon gepraat het, voel jy verslae en depressief Jou tande voel stomp soos een wat groen druiwe ge-eet het. Jy voel asof berge en heuwels voor jou staan.

Ek gaan in die week na ‘n huis toe, waar daar probleme is. Ek het die verkeerde aan gespreek, maar ek was so teleurgestel dat ek sommer geloop het en gese het totsiens.
Mense kan jou selfs oor die foon hulle gees oordra. Jy weet nie hoekom jy nie kan slaap of hoekom jou kop die volgende dag niks kan reg kry nie.


Daar staan geskrywe, "Ek maak jou tande tot ‘n skerp nuwe dorslee, wat baie tande het, jy sal berge dors en fyn maal, en heuwels maak soos kaf"

God se gene moet in jou wees. As God vir jou is , As God vir ons is , wie kan teen ons wees. "I am only human", ja so sê hulle , maar ons moet leer uit bybelse skrywe. God rig sy skrywe aan ons.

Jy sien soms laat ons toe, dat die vyand ons ‘n kleed van neerslagtighied aan trek. Ek lees nou dat die woord sê "ek is tot alles in staat deur Christus wat vir my die krag gee!" Maar dan twyfel ek. In die skuitjie is ek gerieflik, maar as ek op die water moet loop sink ek net wanneer ek my oë van hom afhaal..

Die engel van die Here kom in ‘n moeilike tyd in Israel se bestaan, en hy gaan sit onder ‘n terpentynboom. Wanneer God is altyd in beheer. Hy kom nie ingestorm nie. As daar ‘n engel by jou huis ingestorm kom of ingehardloop kom en vir jou se die Here se so en so- moet ju twee keer dink of dit ‘n engel van God is.
Die engel gaan sit onder die terpentyn boom en hy kyk vir Gideon so en hy se vir hom die Here is met jou dapper held. Die eerste keer wat ons van Gideon hoor, terwyl hy besig is om koring in ‘n parskuip uit te slaan. Omadat hulle banh was vir die aanvallers van die volk.

Die engel noem hom dapper help, want die gene an God is in hom. Wat doen Gideon, hy begin te kla.

“ag, as die Here met ons is , waarom het al hierdie dinge OND oorgekom- waar is al sy wonders. Gideon praat van ONS, terwyl die Engel van die Here se , Die Here is met jou, dapper held..
Hoeveel kere mis ons nie die boodskap nie, ons is te haastig om te klae. Dit is nie jou gene nie maar God se gene in jou. God se DNA , boustowwe , waarmee God die mense se selle aan mekaar gesit het. Hy het jou geweef in jou moederskoot vir jou het hy aanmekaar gesit , sy gene is in jou nie ons nie.

Gideon wil nie hoor nie. Hier staan die nonatuurlike wese, Die Engel van God. Voor hom. Hy se ek is van ‘n swak geslag Ek is maar swak en die geringste in my familie. God ken ons op ons naam, Hy noem ons dapper helde en heldinne. Ek sal met julle wees tot aan die voleinding van die wereld!. Ons het die karakter van God..
Hy het geweet dat Dawid agter die skape kyk, toe Jessie se seuns een vir een voor sy Profeer verskyn.
Hy reop vir Moses om die volk uit te lei. Hy het vir Moses geken! Voor hy hom geroep het, maar Moses kle en se ek kan nie goed dit en dat doen nie. En toe moes Aaron saam en sommer sys suster Mirjam.
God wil jou gebruik dapper held. In jou binnekamer, kan jy met God almagtig in verborgendheid verkeer!

Jabes se ma het hom in smarte gebaar en hom daaroor Jabes genoem, maar Jabes het die God van Israel aan geroep.

Hy Het seën gevra en grondgebied. Hy het geen smart verlang nie. Jabes het gevra dat geen smart hom moes tref nie. Do Not curse your children, If you do not know how to bless, keep quite. Verbitterde mense spreek maklik vloeke uit.

Se Here vergewe my omdat ek mense vervloek het. Seën hulle nou in Jesus naam.
Ons het die gene van God in ons.
“ I have the love of God in me (2)
I have his nature and His ability
I have the love of God in me”

Wees ‘n rigter wat rigting aandui. Laat ons nie saam klae nie. Bid eerder saam!

Vanmore sê Sy woord; " die Here is met jou, dapper held"

1 comment:

Unknown said...

Ek tik n gebedsversoek aan iemand en begin my storie. Ek skryf van my agtergrond van n murgmutasie wat veroorsaak is deur protiene wat n Jak 2 geen geaktiveer het om te veel rooibloedselle te maak. Ek moet medikasie gebruik en wou graag ophou want die grieks vir pharmakaya is witchcraft. Dit het my bang gemaak.. maar die Here het my kom wys Hy kan my binne die witchcraft bewaar so ek is nou terug op die pille.Die gebedsversoek gaan eintlik oor my seun en sy pelle wat rebelse dinge doen en dis toe dat ek dink... Rebellion is the sin of witchcraft. En ek besef maar Hy het my mos gewys dat Hy my binne dit kan bewaar. Toe besef ek ek is n skerp nuwe dorslee tot in my murg en ek het skerp tande wat berge kan fynmaal. Toe soek ek daai skrif en google dit en kom op hierdie artikel af. Nig nooit het ek so duidelike beeld gehad van die mediese proses van die werking van proteiene wat sekere gene aktiveer. Ek is erg bemoedig. Baie dankie, Hanlie