Sunday, March 22, 2009

Nog steeds diesêlle Suid Africa

Het die vieslike storie in Die Burger.com gesien, Watter skande!

Dit laat my dink, dat mense ons so gekondisioneerd,is, dat hulle dink dit is reg wat hulle doen. Onder die ou regering moes mense in lank toue staan by klinieke, vroeg in more opstaan om in die lyn te gaan staan. Dit is vandag nog steeds so.


"Vrou kraam voor hospitaal ná wag haar nie wou inlaat
ALICESTINE OCTOBER
20/03/2009 11:23:32 PM - (SA)

Kaapstad. - Genoeg!


Dit is wat Yonela Mangela (amper drie weke oud) se naam beteken.


Sy het die wêreld vir die eerste keer voor die hekke van die Guguletu-kraameenheid aanskou toe haar ma daar aan haar geboorte gegee het.


’n Sekerheidswag wou Thoko Magela (17) glo nie inlaat nie en die verpleegpersoneel wou nie uitkom nie.


Thoko (17) van Crossroads het gesê sy noem haar kind Yonela omdat dit genoeg beteken.


Thoko het gesê sy is die oggend van 3 Maart, nadat sy in die hospitaal oornag het, glo ontslaan omdat haar geboortepyne nog nie ernstig genoeg was nie.


Omstreeks 22:00 moes sy noodgedwonge ’n rygeleentheid bedel van Crossroads na die Guguletu-kraaminrigting.


Sy het gesê die ambulans wat sy ontbied het, het glo nooit opgedaag nie.


Volgens Thoko het sy voor die hekke inmekaargesak.


Die sekerheidswag by die hek wou haar glo nie deurlaat nie.


“Toe hulle die verpleërs gaan roep het, het hulle gesê hulle behandel nie mense buite die hospitaal nie. Ek het net daar gelê.


“Toe kom daar mense met ’n kombers om die baba toe te draai. Die ambulans het toe opgedaag en my gehelp.”


Me. Linda Mangela, Thoko se ma, het gister gesê ten minste lewe klein Yonela nog.


Yonela is gesond en het 2,5 kg met geboorte geweeg.


Mnr. Marius Fransman, Wes-Kaapse minister van gesondheid, het gister gesê arm mense moet aandring op goeie diens.


“Dit is hul reg,” het hy gesê.


“Ook om te vra na die name van gesondheidspersoneel wat hulle sleg behandel.”"

Ek wonder wat Mnr Fransman gaan doen omtrent die storie.