Dis Woensdag, en nog 'n dag is amper verby, ek sit met die skoorekenaar en probeer die tyd verwyl. Hoe was my dag. Wel Vyfuur op en soos enige ander Christen eers gebid en toe aangetrek om 12 km te gaan hardloop.
Sien ek wil graag hierdie jaar my 9 de Comrades doen en sal baie meer kilometers moet insit voor ek die moordende 89 of 87 kilos aandurf. Dis net jammer dat dit moes skuif van die tradisionele 16 Junie as gevolg van die ANC se Jeugliga wat reken hulle Jeug dag verloor sy fut omdat meer as 10 duisend jaarliks optrek van oral om die Comrades te hardloop.
Mense wil nie meer aan optogte en politieke byeenkomste deel neem nie, hulle wil eerder op vakansie dae in "malls"rondloop en ontspan. Die "struggle "is verby, mense die lewe is te kort om te staan en rondspring. Die politici moet net hulle werk doen en klaar. Die dag is amper verby en more is nog 'n dag om die pad aan te durf en die nodige kilometers in die bene te kry.
Hoekom hardloop mense, wel dis gesond en hou die hart en die dinges aan die gang, veral met die duur medies kostse. Hit the road and stay fit and healthy. Mervyn 2009
Wednesday, January 21, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment