Friday, November 21, 2008

Vrydag 21, November 2008

Op 'n warm Vrydag middag, wag ek vir 16:30 om na Alexandria te gaan, waar ek die afgelope paar jare woon. Meskien net so warm nou daar, soos in Uitenhage en Port Elizabeth, maar die naby skoon strande, van Boesmans, Kenton on sea en Port Alfred is binne 50 kilometers vanaf Alex. geen robotte en net die R72. Meskien 10 minute se wag op die Kariega brug maar dis beter as die gewoel van Uitenhage

More is dit weer rugby, en die Springbokke met bokkie of protea, aan die linkerkant of regterkant, behoort die knoop deur te haak. Jake White se span is mos nog daar met twee of drie spelers van Peter de Villiers , wat ingekom het. Praat van met ander se kalwers ploeg.

No comments: